PNHS se redenaars het beslis naam gemaak in 2023.

Daar is deelgeneem aan die interne redenaarskompetisie asook Radikaal-, ATKV- en die Kansvatter redenaars. Die leerders het puik prestasies behaal. By die interne redenaars was die junior wenner Cheyenne Pieterse en die senior wenner André Haarhoff. By die Kansvatter kompetisie het PNHS oor stof in die res se oë geskop. Mia Rynners het deurgedring na die finale rondte vir voorbereide- en onvoorbereide toesprake. Cathleen Roets het ook derde plek behaal in die onvoorbereide afdeling en Marique Bam vierde plek.

Daar heers reeds groot opwinding rakende 2024 se onderwerpe wat reeds beskikbaar is:
Graad 8 en 9: kantlyn, meulsteen of boekmerk
Graad 10-12: metafoor, visie of paradoks

Na die seisoen:

PNHS beoog om volgende jaar puik toesprake en nog beter redenaars op te lewer.