Hokkie

Hokkie

Hokkie is ‘n spansport wat fiksheid, koördinasie, balvaardigheid en samewerking in spanverband vereis en bevorder. PNHS spog met 5 dogterspanne en 1 seunspan. Al ons dogterspanne neem deel aan die Stadsbeker-liga sowel as die jaarlikse PUK-16 reeks. Tydens die afeisoen skenk ons aandag aan fiksheid en kondisionering. PNHS hokkie fokus op die ontwikkeling van spelers, tegniese vaardighede, spelbewustheid en kondisionering.


VOORUITSKOUING VAN DIE SEISOEN

PNHS hokkie begin reeds vroeg in die 4de kwartaal 2022 met voorbereiding vir die 2023 hokkieseisoen wat vroeg in die jaar afskop met die Puk-16 reeks. In hierdie reeks word daar meegeding teen skole soos Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Delmas en Hoërskool Oosterland. Ons nooi graag alle voornemende PNHS hokkiespelers om deel te word van die voorseisoen oefening.

PNHS hokkie sien uit na die Stadsbeker-liga wat in die 2de kwartaal sal afskop en baie mededingende hokkie gaan oplewer.

PNHS hokkie is opgewonde om bekend te maak dat daar begin word met fondsinsamelingsprojekte vir die oprigting van ons eie mini astro waar ons spelers meer kan fokus op ontwikkeling van tegniese vaardighede.

NA DIE SEISOEN

2022 by PNHS hokkie het opwindende, intense en goeie wedstryde tydens die voorseisoen PUK-16 reeks en die Stadsbeker-liga opgelewer. Die spelers het hul allerbeste gegee tydens die seisoen. Dogterspanne het teen skole soos Hoërskool Wonderboom, Hoërskool Centurion en Curro Hazeldean deelgeneem waar hulle mededingend was en derde eindig in die liga.

PNHS se seunshokkiespan het `n lang, baie suksesvolle seisoen gehad. Die seuns het 13 wedstryde gespeel waarvan hulle 6 gewen het. Ons seuns ding mee teen skole soos Hoërskool Erasmus, Affies en Hoërskool Waterkloof.

PNHS hokkie spog met 5 AVS-spelers wat Noord-Transvaal verteenwoordig het by die jaarlikse Bokkie-week toernooi. Die baie talentvolle O/14 dogter, Klara Strydom, is gekies vir die O/14 Bokkie-span.

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE

1ste span Dogters : Gregory van Aswegen (Level 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd en huidige SACD Northerns Blues-speler)

1ste span Seuns : Robbie Johnson (Level 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd en huidige Nova 1ste span klubspeler)

2de span Dogters:

o16 A-span : Esoné Davidson (Level 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd)

o15 A-span : Lache van Brackel (Level 1 Afrigter SAHA geakkrediteerd)

o14 A-span : Liza Bisschoff (Level 2 bridging Afrigter SAHA geakkrediteerd)



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad


Gallery



Terug