PNNK

PNNK

Hoërskool Pretoria-Noord bied jaarliks die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) aan waartydens die gehoor trakteer word met ʼn mengelmoes van items wat onder andere insluit dans, sang, instrumentale spel, groepoptredes, drama en voordrag insluit.


Die PNNK is ʼn jaarlikse talentkompetisie waar leerders individueel of in groepe kan inskryf en deelneem aan verskeie kategorieë. Gedurende hierdie skouspel mag jy miskien net ontdek dat die 1ste-rugbyspan se stut soos ʼn nagtegaal kan sing of dat die dogter wat die beste veldatleet by die interhuis-byeenkoms was, ook ʼn goeie hip-hop danseres is. Die PNNK bied ʼn platform aan vir leerders om dikwels hulle versteekte talente in sang, dans, instrumentale spel, drama en voordrag ten toon te stel en met die res van die skool en gemeenskap te deel. Die matriekuitdagings verseker ook dat daar ʼn hele paar amusante items opgelewer word. Hierdie spoggeleentheid stel leerders in staat om hulle selfvertroue en kreatiwiteit te ontwikkel en om vir ʼn paar minute in die kollig te kan vertoef wat andersins nie altyd moontlik is by ander buitemuurse aktiwiteite nie.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Met deelnemers wat vir die eerste keer hul talente openbaar het, asook deelnemers wat al gesoute hande in die bedryf is, was 2023 se produksie verseker ʼn tentoonstelling van die mooiste tienertalent. Die program was stampvol met verskeie items in sang (individueel en duet), dans (solo en groepsverband), instrumentale spel, voordrag en toneel. Die gehoor en beoordeellaars het ook die verskeie en beslis unieke matriekuitdagings geniet ten aanhoor van die skaterlag wat diep en hard uit die saal opgeklink het. Verder het die gedreun van applous en luide ondersteuning daarvan getuig dat die gehoor baie beïndruk was met die talent op die verhoog. Die beoordeellaars het beslis nie ʼn taak voor hande gehad nie. PNNK 2023 het ook geskiedenis gemaak met die dat ʼn item onder die Drama en Voordrag kategorie vir die eerste keer sedert die instelling van die kompetisie as algehele wenner aangewys is.

2023 se Wenners:

Dans (Solo): Jukeila Landsberg

Dans (Groep): Christmas came early

Sang (Solo): Hope Kgosana

Sang (Duet): Ulrich Gouws en Zander Kruger

Instrumentaal: Raynard Bosman

Drama en Voordrag en Algehele Wenner: Mia Rynners

Afrigters en Personeel betrokke:

Me. A van Niekerk, Me. A Pieterse, Mnr. B Augostine en Mnr. H Jacobs.

Na die seisoen:

Die organiseerders is reeds daarvan oortuig dat PNNK 2024 nog meer talent die kans sal gee om lig te sien en is besonder nuuskierig oor watter verskuilde talente daar onder ons nuwe graad 8’s sal wees.



Gallery



Terug