Koor

Koor

Die koor van PNHS staan bekend as Canta Libre wat beteken om ‘vrylik te kan sing’. Die koor is in 2017 gestig en spog tot vandag met mooi musiek en ‘n familie-gees.


CANTA LIBRE SKOOLKOOR

Canta Libre streef om ons koorlede op te bou, te ondersteun en te ontwikkel. Ons koor bestaan tans uit 45 lede en groei elke jaar. Koor oudisies vir nuwe lede vind plaas aan die einde van Januarie waarna die koor volstoom wegspring en elke Dinsdag en Donderdag oefen van 17:00 tot 19:00, tot en met Oktober. Ons neem jaarliks deel aan verskeie feeste en kompetisies soos bv. Sing in Harmonie, die Wonderliggiefees en vele meer. Kom raak deel van meer as net ‘n skoolkoor. Kom raak deel van ons familie.

Die koor het hierdie jaar vroeg afgeskop met ‘n vol program, na Covid-19. Ons het die tweede week van skool alreeds koor oudisies vir ons voornemende lede gehou en vestig ‘n koor van 55 lede. Nadat die atletiekseisoen verby was, het ons dadelik weggespring met oefeninge elke Dinsdag- en Donderdagaand. Ons het ons eerste dagkamp kort na die aanvang van die koorjaar gehad, waar lede mekaar kon leer ken met verskeie spanbou aktiwiteite. Hul het reeds hul eerste lied, ‘Theka’ met groot sukses geleer en die dag afgesluit met ‘n klein seremonie waar ons die nuwe lede verwelkom het.

Ons koorlede was sommer vroeg in die jaar al uitgedaag met nuwe liedere wat alreeds in April by ons eerste kompetisie, Sing in Harmonie, opgetree moes word. Sing in Harmonie was ‘n reuse sukses. Ons het deelgeneem teen 70 ander kore en alhoewel ons nie deurgedring het na die finaal nie, het ons gegroei en beter punte behaal vanaf 2021.

Die koor het hard gewerk aan al hul musiek en gegroei as ‘n familie. Hulle tree later die jaar saam vier ander kore op by Hoërskool Wonderboom vir hul volwasse koor ‘Conwonnité’ se jaarlikse koorfees. Die koor het by hierdie optrede gesprankel met energie, passie en talent. In die derde kwartaal het ons opgetree by mnr. En mej. PNHS asook by PNHS se eie PNNK. Ons sluit die kwartaal se optredes af met ‘n merkwaardige optrede by die Wonderliggiefees.

Afrigters / Personeel betrokke:

Meneer Francois Olivier (afrigter)
Juffrou Fourie (organiseerder)
Juffrou Driescher



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Hierdie jaar was vir die koor ‘n jaar waar ons nuwe talente ontdek het en die koorfamilie kon uitbrrei. Die seisoen het afgeskop met ‘n jolige koorkamp vol pret en nuwe geleenthede.

Die koorfamilie het die seisoen begin met ‘n koorkamp waar daar gewerk was aan part en nuwe liedjies wat baie opwinding veroorsaak het. Daar was aktiwiteite waaraan almal kon deelneem. Die kamp was ‘n reuse sukses. Die koor het ook deelgeneem aan kompitiesies soos Conwonnité en die seisoen afgesluit met ‘n optrede by die jaarlikse Wonderliggie fees.

Na die seisoen:

Daar wag groot opwinding in 2024 vir die koor en daar kan uitgesien word na nog vele kompetisies en avonture wat voorlê.



Gallery



Terug