Debat

Debat

Daar word elke jaar debat oudisies gehou. Daar word dan ses spanne gekies. Twee junior spanne wat drie in ‘n span is. En drie senior spanne wat twee in ‘n span is.


Debat is ’n buitemuurse aktiwiteit waar die leerders leer hoe om hoflik oor ’n saak te stry en vas te staan in hulle standpunt. Die leerders leer hoe om bronne te gebruik en watter bronne kredietwaardig is.

Die leerders word geleer hoe om konstruktiewe toesprake en repliek toesprake te skryf, asook oor te dra. Vele artikels en joernale word deurgegaan vir die voorbereiding vir die debat, veral vir die debatsgesprek. Een seniorspan en een juniorspan het in 2023 hulle kompetisie by die ATKV-debatskompetisie gewen. Hierdie leerders het behoorlik hulle standpunt gestel en het sommer almal daarvan oortuig.

Die afrigters vir die debat is mejuffrou E. van der Linde, mejuffrou B. Bronkhorst, mejuffrou T. de Beer en meneer J. van Wyk. Al vier hierdie afrigters het ondervinding in debate n pak elke oefening met geesdrif en deeglike voorbereiding aan.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


English Evening van 2024

Die eerste English Evening van 2024 vind op Donderdag, 29 Februarie om 17:30 in die personeelkamer plaas.

Uitslae sal geplaas word.



Gallery



Terug