Toerisme

Toerisme

Die Geesdeswetenskappe departement van Hoërskool Pretoria-Noord bied onderrig vir leerders op ‘n baie besonderse vlak. Leerders word die geleentheid gebied om die werk wat behandel word, nie net in hulle handboeke te sien nie, maar om die ware Jacob te kan beleef.


Verskeie binnelandse uitstappies word vir die leerders aangebied met aanraking tot die kirrikulum. Vanjaar het die Graad 10 en 11 Toerisme leerders die stad van Lesedi, die Monkey Sanctuary en die Elephant Sanctuary besoek. Ons land is ‘n baie besonderse plek en toerisme gun die leerders die geleentheid om die natuurskoon en erfenis van Suid-Afrika te kan beleef.

Verskeie binnelandse uitstappies word vir die leerders geskep om hulle kennis te versterk. Hoërskool Pretoria-Noord bied vir leerders nie net die geleentheid om op binnelandse uitstappies te gaan nie, maar ook internasionale toere. Die skool het in (2018) ‘n internasionale toer na Nederland, België en Frankryk aangebied. Dit gun die leerders die besonderse geleentheid om herinneringe te maak en te koester.

In 2024 gaan Hoërskool Pretoria-Noord ‘n internasionale toer skep vir die leerders wat belange in Europa het. Griekeland sal besoek word.

Personeel:

Mnr. D. Botes



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad



Gallery



Terug