Omsendbrief 5/2024

Omsendbrief 5/2024

Administratief
February 19, 2024


OB: 5 / 2024

Geagte ouers
Swem: Liga 3: The Glen, 8 Februarie 2024

Baie geluk aan die volgende swemmers wat pragtig presteer tydens hierdie byeenkoms:

Eerste plekke:

Snr 200m IM - Jacques Runnals / O/14 50m Vryslag – Sylé Britz / O/14 50m Vryslag – Jean-ré Pienaar / O/15 50m Vryslag - Allan Ribeiro / O/16 100m Vryslag - Mikayla Smith / O/16 100m Vryslag - Rohan Louw / O/17 100m Vryslag - Marlene Jansen van Rensburg / O/17 100m Vryslag - Michail Jooste / O/19 100m Vryslag - Jean Swart / O/16 50m Borsslag - René Thessner / O/17 50m Borsslag - Marlene Jansen van Rensburg / O/14 50m Rugslag - Sylé Britz / O/14 50m Rugslag - Jean-ré Pienaar / O/15 50m Rugslag - Corlia du Plooy / O/15 50m Rugslag - Allan Ribeiro / O/16 50m Rugslag - Larissa Ellis / O/17 50m Rugslag - Joneh Swart / O/17 50m Rugslag - Jaco Jansen van Vuuren / O/19 50m Rugslag - Misha Steyn / O/19 50m Rugslag - Jean Swart / O/16 50m Vlinderslag - Allan Ribeiro / O/16 50m Vlinderslag - Caitlyn Smith / O/16 50m Vlinderslag - Rohan Louw / O/17 50m Vlinderslag - Joneh Swart / O/14 50m Vryslag Relay - Jean-ré Pienaar, Deerik Ellis, Conrad Dobson, Christopher Runnals / O/15 50m Vryslag Relay - Tristan Herbst, Janus Smith, Ian van der Zel, Allan Ribeiro / O/16 50m Vryslag Relay - Larissa Ellis, René Thessner, Caitlyn Swanepoel, Mikayla Smith / O/16 50m Vryslag Relay - Rohan Louw, Ivander Coetzee, Keegan Trewin, Malan Bezuidenhoudt / O/17 50m Vryslag Relay - Joneh Swart, Desiree Coetzee, Ezmarelda Vivier, Marlene Jansen van Rensburg / O/17 50m Vryslag Relay - Michail Jooste, Jaco Jansen van Vuuren, Duncan Paulsen, Jacques Runnals / O/19 50m Vryslag Relay - Jean Swart, Marinus Jansen van Rensburg, Wallie Eksteen, Henry Louw.

Tweede plekke:

O/15 50m Vryslag - Corlia du Plooy / O/14 50m Borsslag - Helé Lottering / O/15 50m Borsslag - Corlia du Plooy / O/15 50m Borsslag - Ian van der Zel / O/16 50m Borsslag - Malan Bezuidenhout / O/17 50m Borsslag - Morné Hartmann / 0/19 50m Borsslag - Wallie Eksteen / 0/16 50m Rugslag - Malan Bezuidenhout / 0/17 50m Vlinderslag - Jacques Runnals / O/14 50m Vryslag Relay - Sylé Britz, Marnic Ferreira, Nicola du Plessis, Helé Britz

Derde plekke:

O/14 50m Borsslag - Deerik Ellis

Atletiek Liga 4: Eldoraigne, 16 Februarie 2024

Baie geluk aan die volgende atlete wat skitterend presteer tydens die byeenkoms:

1ste Plekke:

Rohan Louw: 100m, Leana Bezuidenhout: 200m, Hoogspring, Divan Botha: Skyfwerp, Junior Bokwa: 400m, 800m, 1500m, Shon-dre Scheun: 800m, 1500m, Simoné de Koker: 800m, Ezmarelda Vivier: 800m, 1500m, Cindy de Koker: 800m, Matthew Roselt: 1500m, Donovan Wallendorf: Gewigstoot, Mia Rynners: Skyfwerp, MC Swanepoel: Spiesgooi

2de Plekke:

Shon-dre Scheun: 400m, Cindy de Koker: 1500m, Rina Mamabolo: Verspring, Driesprong, Divan Botha: Gewigstoot, Wilné Kriel: Gewigstoot, Kristy Fowler: Spiesgooi, Deoné Meintjes: Spiesgooi

3de Plekke:

Schalk Fourie: 400m, 800m, Meagan Mylonas: 300m Hekkies, Rohan Louw: Spiesgooi

4de Plekke:

Rohan Louw: 200m, Davie Pieterse: 200m, Simoné de Koker: 400m Caleb Jooste: 800m, 1500m, Arthur Dobson: 110m Hekkies, Jadon Smit: Hoogspring, Leana Bezuidenhout: Verspring, Janine de Lange: Verspring, Yolandi van der Merwe: Hoogspring, Cady Meyer: Gewigstoot, Jayden Schoeman: Spiesgooi, Jean Swart: Spiesgooi

Krieket: PNHS Ontwikkelingspan v/s Garsfontein, 10 Februarie, weg

PNHS kolf eerste en behaal 71 / 10. Goeie kolfwerk deur Charl Otto met 26 n.u.n. van 42 balle (goue balkie). Garsfontein volg op met 72 / 4. Goeie boulwerk van Nathan Oosthuizen met 3 paaltjies vir 24 lopies in 4 beurte. Garsfontein wen met 6 paaltjies. Dit was die kwart-finaal van die reeks. Ons het 3 wedstryde gespeel 2 gewen en 1 verloor

Krieket: PNHS Ontwikkelingspan v/s Zwartkop, 17 Februarie, weg

PNHS kolf eerste en behaal 89 / 10. Goeie kolfwerk deur Ulrich Breytenbach met 18 lopies van 32 balle. Zwartkop volg op met 93 / 3. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 2 paaltjies vir 18 lopies in 5 beurte (brons balkie). Zwartkop wen met 7 paaltjies. Dit was die semi-finaal van die plaatafdeling. Ons het 4 wedstryde gespeel 2 gewen en 2 verloor.

Sagtebal: Nasionale All Star span

Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat opgeneem is in die nasionale “All Star”- span wat in Oktober na Tsjeggo Slowakye toer: Juandre Pienaar (0/13), Jayden Neethling (0/15), Arno Schreuder (0/15), Nathan Oosthuizen (0/15), Raynard Bosman (0/15), Owen Kuhn (0/19), Eben Schreuder (0/19), Zaine Vorster (0/19) en Nikita Horn (0/19). Arno Schreuder word ook nasionaal aangewys as die beste 0/15 vanger.

Kultuur: Interne Redenaars, 14 Februarie 2024

Baie gluk aan die volgende leerders wat as wenners uit die stryd tree: Graad 8 & 9: Mia Rynners (1ste), Michael de Villiers (2de) en Charney Badenhorst (3de) Graad 10 – 12:André Haarhoff (1ste), Davie Pieterse (2de) en Beate Haarhoff (3de)

Kultuur: Toneel

Geluk aan die volgende leerders wat rolle verwerf het in die ATKV-toneelinskrywing: “Barbie Pienk Perfeksie”: Mia Rynners (Barbie), Cheyenne Pieterse (Barbie-Ann), Tristan Tingtinger (Kenny), Ewan van Zyl (Jaap), Leandré Koekemoer (Nuwe rol), Tristan Booyens (Nuwe rol), Lara van Schalkwyk (Nuwe rol) en Helena Fourie (Souffleuse).

Beheerliggaamverkiesing 2024

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Die nasionale regulasies vir die Beheerliggaamverkiesings van 2024 is afgekondig, en die verkiesingstyd is vasgestel vir Maart 2024. Hier is egter ‘n paar belangrike veranderinge waarvan ouers duidelik moet kennis neem. ‘n Verpligte kworum van 15% word nou vereis. Indien hierdie kworum nie behaal word nie, kan ‘n beheerliggaam onkonstitusioneel verklaar word en sodoende kan ouers van daardie betrokke skool hulle seggenskap oor hul skool verloor. Ons wil daarom ons ouers aanmoedig om ten volle deel te wees van hierdie komende Beheerliggaamverkiesing.

Ons Beheerliggaamverkiesing sal plaasvind op 5 Maart 2024 en indien ons nie die kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 19 Maart 2024. Ten einde ‘n kworum te bereik beplan ons ‘n voldagverkiesing en indien moontlik sal ons dit kombineer met ‘n everkiesing. Ons wag egter nog vir die vrystelling van die Gauteng regulasies voor ons finale inligting oor die vorm van ons verkiesing kan deurgee.

Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê vanaf 27 Februarie om 08H00 en sluit op 1 Maart om 10H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 21 Februarie. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 28 Februarie.

Op 5 Maart sal personeel in Eeufeestraat en Berglaan diens doen vanaf 06H15 en ouers wat leerders aflaai help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen Berglaan in en Emiley Hobhouse uit met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.

Indien ons ‘n kworum bereik sal alle ouers wat stem se name in ‘n gelukkige trekking kom vir ‘n “maand vleispak” van Vuur en Vlam slaghuis. Alle klasse waar alle ouers stem of klasse waar die meeste ouers stem per graad sal gewone drag kan aantrek en roomys kry as belonging.

Berei uself asseblief voor vir hierdie baie belangrike gebeurtenis en maak seker dat u beheer behou oor u skool!!!

Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig

Saaimaand – help omgee vir ons omgee gesinne

19 – 23 Februarie: Pasta,rys,ontbytgraan en lekkernye.
26 Feb – 1 Maart: Koffie,tee,melk en suiker.
4 – 8 Maart: Seep,sjampoo,onderarmrol en spuitgoed vir seuns en dogters en tandepasta.
11 -15 Maart: Broodjiesmeer,blikkieskos en aanmaak koeldrank.

Jou bydrae kan ‘n verskil maak.
Enige navrae: Tanya 082 601 6878


Program vir die week
Maandag, 19 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 20 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Toetsdag.
  • Graad 8 A, B en C: ASAT-toetse, 09H00m saal.
  • Tennis: Dogters 1ste span v/s Erasmus, 14H30,weg.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, Personeelkamer. Alle ouers welkom.
Woensdag, 21 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Toetsperiode
  • Graad 8 D, E en F: ASAT-toetse, 08H00, saal.
  • Atletiek periode 13H30 – 14H00, Aflosse en Geesgroep.
  • Graad 12 Verpligte addissionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 5.
Donderdag, 22 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Interhoër. Atlete en Geesgroep vertrek om 06H30.
    Alle ander leerders normale skooldag 07H20 – 14H00.
Vrydag, 23 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 Afrikaanse mondeling eksamen
Saterdag, 24 Februarie:
  • Graad 12 Afrikaanse mondeling eksamen.
  • Krieket Ontwikkellingspan reeks, Finaal, 09H00.
Maandag, 26 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Mnr.& Mej. PNHS klere aanpas, 09H00.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug