Omsendbrief 4/2024

Omsendbrief 4/2024

Administratief
February 12, 2024


OB: 4 / 2024

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat die skool kennis geneem het van die afsterwe van een van sy leerders oor die naweek, Jayden Nortje in graad 11. Ons harte gaan uit na sy ouers en ons gebed is dat ons Hemelse Vader vertroosting sal gee in hierdie baie moeilike tyd.

Atletiek: Noordheuwel Top 15, 7 Februarie 2024

Ons skool eindig 16de uit 25 skole in die kompetisie.

Atlete wat skitterend vaar: Shon-dre Scheun met ‘n silwer medalje in die 800M en ‘n brons in die 400M. MC Swanepoel brons medalje in Spiesgooi.

Atlete bo 800 ASA-punte: Shon-dre Scheun 400M en Simoné de Koker 3000M. Atlete bo 700 ASA-punte: Leana Bezuidenhout 100M en 200M, Shon-dre Scheun 800M, Junior Bokwa 800M, Cindy de Koker 800M, Simoné de Koker 1500M en Ezmarelda Vivier 3000M

Atletiek Liga 3: Hartebeespoort, 2 Februarie 2024

Uitslag:

  1. Frikkie Meyer (1096)
  2. Brits (1005)
  3. Pretoria-Noord (900)
  4. Hartebeespoort (685)
  5. Uitsig (679)
  6. Xanadu (143)

1e Plekke:

Rina Mamabolo: 100m, Simoné de Koker: 400m, 800m, 1500m, 3000m, Shon-dre Schon: 400m, 800m, 1500m, Junior Bokwa: 400m, 800m, 1500m, 3000m, Heino Schuster: 800m, Ezmarelda Vivier: 800m, 1500m, Cindy de Koker: 800m, 1500m, Caleb Jooste: 1500m, Matthew Roselt: 1500m, Yolandi van der Merwe: Hoogspring, Leana Bezuidenhout: Verspring, Dané Louw: Verspring, Divan Botha: Gewigstoot, Skyfwerp, Lucille Zengel: Gewigstoot, Wilné Kriel: Gewigstoot, Mia Rynners: Skyfwerp, Jayden Schoeman: Spiesgooi, Christie Fowler: Spiesgooi en MC Swanepoel: Spiesgooi

2e Plekke:

Leana Bezuidenhout: 100m, 200m, Zanthé Joubert: 100m, Davie Pieterse: 200m, Cindy de Koker: 400m, Schalk Fourie: 400m, Heino Schuster: 1500m, Ezmarelda Vivier: 3000m, Matthew Roselt: 3000m,Christopher Runnalls: 100m Hekkies, Chantalee Nel: 100m Hekkies, Marnique Breytenbach: 100m Hekkies, Davie Pieterse: 110m Hekkies, Arthur Dobson: 110m Hekkies, Meagan Mylonas: 300m Hekkies, Jean Swart: 400m Hekkies, Jamilia Buff: Hoogspring, Coenie Taljaard: Verspring, Dané Louw: Driesprong, Jaco Jansen van Vuuren: Driesprong, Rina Mamabolo: Driesprong, Henco van der Merwe: Gewigstoot, Skyfwerp, Leoné Malan: Skyfwerp, Jaco Jansen van Vuuren: Spiesgooi Deoné Meintjes: Spiesgooi en Seuns 0/17 Aflos.

3e Plekke:

Rohan Louw: 100m, 200m, Zivan Bezuidenhout: 200m, Meagan Mylonas: 400m, Ashlee Jordaan: 400m, Matthew Roselt: 800m, Henrico van Tonder: 800m, 1500m, Miané du Plessis: 90m Hekkies, Joshua du Toit: 110m Hekkies, Janus Smith: 300m Hekkies, Donovan Wallendorf: 400m Hekkies, Bianca Vorster: 400m Hekkies, Miané du Plessis: Hoogspring, Dané Louw: Hoogspring, Janine de Lange: Verspring, Rina Mamabolo: Verspring, Spiesgooi, Wiandri Viviers: Gewigstoot, Lucille Zengel: Gewigstoot, Marinda Fraser: Gewigstoot, Donovan Wallendorf: Gewigstoot, Matthys Benecke: Spiesgooi, Ashlee Jordaan: Spiesgooi, Dogters 0/14 Aflos, Dogters 0/15 Aflos, Dogters 0/19 Aflos

Tennis

7 Februarie:

PNHS dogters 1ste span wen Crawford College met 41 potte teenoor 26 (weg) Baie geluk aan Denise Smit (7-4), Didi Molelekwa (9-2) en Kayla Fourie (11-0) wat hul wedstryde wen. Dit was ons eerste ligabepaling.

Waardebalkies

Baie gluk aan die volgende graad 12 leerders wat die goue “Super PN” knopie ontvang het: Schalk Fourie, Dillan Harmse en Zelda Niemand.

Beheerliggaamverkiesing 2024

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Die nasionale regulasies vir die Beheerliggaamverkiesings van 2024 is afgekondig, en die verkiesingstyd is vasgestel vir Maart 2024. Hier is egter ‘n paar belangrike veranderinge waarvan ouers duidelik moet kennis neem. ‘n Verpligte kworum van 15% word nou vereis. Indien hierdie kworum nie behaal word nie, kan ‘n beheerliggaam onkonstitusioneel verklaar word en sodoende kan ouers van daardie betrokke skool hulle seggenskap oor hul skool verloor. Ons wil daarom ons ouers aanmoedig om ten volle deel te wees van hierdie komende Beheerliggaamverkiesing.

Ons Beheerliggaamverkiesing sal plaasvind op 5 Maart 2024 en indien ons nie die kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 19 Maart 2024. Ten einde ‘n kworum te bereik beplan ons ‘n voldagverkiesing en indien moontlik sal ons dit kombineer met ‘n e-verkiesing. Ons wag egter nog vir die vrystelling van die Gauteng regulasies voor ons finale inligting oor die vorm van ons verkiesing kan deurgee. Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê vanaf 23 Februarie tot 28 Februarie 2024.

U sal eersdaags meer gedetaileerde inligting ontvang, maar berei uself asseblief voor vir hierdie baie belangrike gebeurtenis en maak seker dat u beheer behou oor u skool!!!


Program vir die week
Maandag, 12 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Swem Interhoër, 12H00, Sutherland.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Leier Akademie vergadering 18H00, Personeelkamer
Dinsdag, 13 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Toetsperiode.
  • Graad 12 Verpligte addisionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 4.
  • Senior Afrikaanse Olimpiade inskrywings sluit
Woensdag, 14 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6
  • Valentynsdag: Gewone klere R 10-00.
  • Atletiek periode 13H00 – 14H00, Aflosse en Geesgroep.
  • Graad 8 – 11 Akademiese periode, 14H15 – 15H15.
  • Voorsang oudisies, 15H00, K 62.
  • Interne Redenaars, 17H00, K 19.
Donderdag, 15 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1
  • Toetsperiode
  • Graad 12 Verpligte addisionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 4.
Vrydag, 16 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Toetsdag, Afrikaans en Engels.
  • Fotodag
  • Atletiek: Eldoraigne, 13H30.
  • Skool sluit om 12H00.
Saterdag, 17 Februarie:
  • Laerskoledag: Rugby en Netbal, 09H00
Maandag, 19 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug