Omsendbrief 38/2023

Omsendbrief 38/2023

Administratief
November 06, 2023


OB: 38 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, mnr. Selahla. Ons dra hierdie gesin aan die Here op en bid vir vertroosting met hulle groot verlies.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

  • Caitlyn Swanepoel (graad 9) vir Lojaliteit.
  • Cheyenne Pieterse (graad 9) vir Lojaliteit & Verantwoordelikheid.
  • Luzaan Nortje (graad 9) vir Verantwoordelikheid.
  • Rohan Louw (graad 9) vir Lojaliteit.
  • Marinda Fraser (graad 9) vir Lojaliteit.
  • Liané Schutte (graad 9) vir Lojaliteit & Verantwoordelikheid.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ongelukkig nie op Dinsdag, 24 Oktober 2023, ‘n kworum volgens regulasies kon behaal nie en der halwe is ons Algemene Ouervergadering uitgestel na Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal. Hierdie Algemene Ouervergadering sal voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.

Program vir die week
Maandag, 6 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.
Dinsdag, 7 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.
Woensdag, 8 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.
Donderdag, 9 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.
  • Sagtebal Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Vrydag, 10 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.
Maandag, 13 November:
  • Graad 8 – 12, Eksamen.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug