Omsendbrief 2/2024

Omsendbrief 2/2024

Administratief
January 29, 2024


OB: 2 / 2024

Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende studente wat vir waarneming van 29 Januarie 2024 tot 16 Februarie 2024 by ons aangesluit het: Mnr. W Grobler van TUKKIES sal by IGO waarneem en Mej. C Grobbelaar van Akademia sal by Afrikaans waarneem. Ons wens hulle sterkte toe en glo dat hulle waardevolle blootstelling aan onderwys hier sal kry.

Atletiek Liga 1: Wonderboom Massa Byeenkoms, 26 Januarie 2024

Die byeenkoms moes gestaak word as gevolg van donderweer. Baie geluk aan die volgende atlete wat pragtig presteer het:

1e Plekke (47 1e Plekke): Chanelle Henning: 100m, Leana Bezuidenhout: 100m, 200m, Verspring, Rina Mamabolo: 200m, Jazlyn Roux: 800m, Heino Schuster: 800m, 1500m, Meagan Mylonas: 800m, 300m Hekkies, Matthew Roselt: 800m, 1500m, Simoné de Koker: 800m, 1500m, Shon-dre Schon: 800m, 1500m, Ezmarelda Vivier: 800m, 1500m, Junior Bokwa: 800m, 1500m, Cindy de Koker: 800m, 1500m, Anelskha van Dyk: 90m Hekkies, Ficardo Morgan: 100m Hekkies, Chantelee Nel: 100m Hekkies Kiara Jonker: 100m Hekkies, Marnique Breytenbach: 100m Hekkies, Christopher Runnalls: 300m Hekkies, Mikyle Willemse: 400m Hekkies, Dané Greeff: Hoogspring Erika Jonker: Hoogspring, Yolandi van der Merwe: Hoogspring, Jaco Jansen van Vuuren: Hoogspring, Marlené Brits: Hoogspring, Jamilia Buff: Verspring, Coenie Taljaard: Verspring, Dané Louw: Verspring, Davie Pieterse: Verspring, Cady Meyer: Gewigstoot, Eduard du Plessis: Gewigstoot, Henco van der Merwe: Gewigstoot, Wilné Kriel: Gewigstoot, Divan Botha: Skyfwerp, Mia Rynners: Skyfwerp, Dehan Joubert: Skyfwerp, MC Swanepoel: Spiesgooi, Deoné Meintjes: Spiesgooi.

2e Plekke (27 2e Plekke): Anelskha van Dyk: 100m, Davie Pieterse: 200m, Caleb Jooste: 800m, 1500m, Henrico van Tonder: 800m, Jessica Potgieter: 1500m, Rohan Horn: 1500m, Christopher Runnalls: 100m Hekkies, Jayden Henning: 100m Hekkies Arthur Dobson: 110m Hekkies, Cailyn Craig: 300m Hekkies, CJ Robbertse: 300m Hekkies, Juané Greyvenstein: 400m Hekkies, Jean Swart: 400m Hekkies, Jamilia Buff: Hoogspring, Mishca Breytenbach: Hoogspring, Matthys Benecke: Verspring, Fortune Morudu: Verspring, Rina Mamabolo: Verspring, Divan Botha: Gewigstoot, Lucille Zengel: Gewigstoot, Dehan Joubert: Gewigstoot, Donovan Wallendorf: Gewigstoot Inge van Eeden: Skyfwerp, Elmari Fourie: Skyfwerp, Louraine du Plessis: Skyfwerp Christie Fowler: Spiesgooi

3e Plekke. (27 3e Plekke): Jamilia Buff: 200m, Anelskha van Dyk: 200m, Janus Smith: 200m, Zanthé Joubert: 200m, Leané Cohen: 200m, Rohan Horn: 800m, Ashlee Jordaan: 800m, Spiesgooi, Christelle Muller: 90m Hekkies, Pedri Engelbrecht: 100m Hekkies, Davie Pieterse: 110m Hekkies, Janus Smith: 300m Hekkies, Donovan Wallendorf: 400m Hekkies, Hoogspring, Miané du Plessis: Hoogspring, Dané Louw: Hoogspring, Janine de Lange: Verspring, Ficardo Morgan: Verspring, Kiara Jonker: Verspring, Mia Rynners: Gewigstoot, Marinda Fraser: Gewigstoot, Skyfwerp, Spiesgooi, Deoné Meintjes: Gewigstoot, Leoné Malan: Skyfwerp, Jean Swart: Skyfwerp, Jayden Schoeman: Spiesgooi

Krieket: PNHS Ontwikkelingspan v/s H/S Uitsig, 27 Januarie, tuis

Uitsig kolf eerste en behaal 148 / 9 in 30 beurte. Goeie boulwerk van Jean Swart met 2 paaltjies vir 34 lopies in 6 beurte (brons balkie), Charl Otto met 2 paaltjies vir 21 lopies in 6 beurte (brons balkie) en CJ Robbertse met 2 vir 4 lopies in 1 beurt (brons balkie). PNHS volg op met 150 / 3 in 19 beurte. Goeie kolfwerk deur Ulrich Breytenbach met 57 n.u.n van 43 balle (silwer balkie), goed ondersteun deur Jean Swart met 22 n.u.n van 8 balle. PNHS wen met 7 paaltjies.

Beheerliggaamverkiesing 2024

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Die nasionale regulasies vir die Beheerliggaamverkiesings van 2024 is afgekondig, en die verkiesingstyd is vasgestel vir Maart 2024. Hier is egter ‘n paar belangrike veranderinge waarvan ouers duidelik moet kennis neem. ‘n Verpligte kworum van 15% word nou vereis. Indien hierdie kworum nie behaal word nie, kan ‘n beheerliggaam onkonstitusioneel verklaar word en sodoende kan ouers van daardie betrokke skool hulle seggenskap oor hul skool verloor. Ons wil daarom ons ouers aanmoedig om ten volle deel te wees van hierdie komende Beheerliggaamverkiesing.

Ons Beheerliggaamverkiesing sal plaasvind op 5 Maart 2024 en indien ons nie die kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 19 Maart 2024. Ten einde ‘n kworum te bereik beplan ons ‘n voldagverkiesing en indien moontlik sal ons dit kombineer met ‘n e-verkiesing. Ons wag egter nog vir die vrystelling van die Gauteng regulasies voor ons finale inligting oor die vorm van ons verkiesing kan deurgee. Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê vanaf 23 Februarie tot 28 Februarie 2024.

U sal eersdaags meer gedetaileerde inligting ontvang, maar berei uself asseblief voor vir hierdie baie belangrike gebeurtenis en maak seker dat u beheer behou oor u skool!!!


Program vir die week
Maandag, 29 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12 Verpligte addissionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 1.
  • Restaurant Akademie vergadering 18H00, restaurant.
  • Akademie vir Leerderondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 30 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Leierskap, Bekendmaking van die VLR, 07H30, binneplein.
  • Graad 12 Verpligte addisionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 1.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
  • Graad 12: Ouerinligtingsaand, 18H00, saal.
Woensdag, 31 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Atletiek periode 13H00 – 14H00, Aflosse en Geesgroep.
  • Graad 12 Verpligte addisionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 2.
  • Koor: Oudisies, 15H00 – 17H00, K 26.
  • Akademiese Merietefunksie, 18H30, saal.
Donderdag, 1 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Graad 12 Verpligte addisionele akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 2.
  • Revue Oudisies, 15H00 – 18H00, saal.
  • Swem: Liga 2, 14H30, H/S Overkruin.
  • Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Netbal bekendstellingsfunksie & braai vir alle netbalouers, 18H00, netbalbane.
  • Sagtebal Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Vrydag, 2 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Atletiek: Tuisbyeenkoms v/s Eldoraigne, H/S Klersdorp, H/S
  • Overkruin, 14H00, PNHS.
  • Skool kom om 13H30 uit.
Saterdag, 3 Februarie:
  • Krieket: PNHS Ontwikkeling v/s Centurion, 08H00, tuis.
Maandag, 5 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
  • VLR-vergadering, 14H15, K76.
  • PN-Raadvergadering, 14H15, K82.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, K66.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug