Omsendbrief 1/2024

Omsendbrief 1/2024

Administratief
January 22, 2024


OB: 1 / 2024

Geagte ouers

Hartlik welkom terug by die skool. Dit is ons gebed dat dit ‘n besondere jaar vir almal verbonde aan Hoërskool Pretoria-Noord gaan wees. Ons gebed is dat u en u kind ‘n baie voorspoedige en geseënde jaar saam met ons sal beleef. ‘n Spesiale woord van welkom ook aan al ons nuwe graad 8 leerders en ouers wat by ons aangesluit het.

Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende personeel wat by ons aangesluit het:

  • Mnr. W. Pienaar (Wiskundige Geletterdheid) in die plek van Mev. van Schalkwyk wat ‘n pos by Eduplex aanvaar het.
  • Mej. M van Coller (IGO & Tegnologie) in die plek van Mej. D Grové wat in Germiston ‘n pos aanvaar het.
  • Mej. C Williamson (Engels) in die plek van Mnr. B Augostine wat by H/S Wilgers ‘n pos aanvaar het.
  • Mev. K. Avenant neem vir ons waar in die plek van Mej. B Filter wat ‘n pos in die Wes-Kaap aanvaar het.
  • Mej. M. Driescher neem vir ons waar in die plek van Mev. Fourie wat op Kraamverlof is tot 27 April.
  • Mnr. L. Nel ons Assistent tot die Fasiliteitsbestuurder is nou bevorder tot Fasiliteitsbestuurder in die plek van Mnr. L van Niekerk wat bedank het.
  • Mnr.K Lotter is aangestel Onderwys Assistent by LO
  • Mev. S. Mphefu is aangestel in die plek van Mev. R. Mpedi wat bedank het, as Terrein- Assistant.
  • Mnr. W. Ntuli is aangestel as deeltydse biokinetikus by PNHS.
  • Me. E Fraser is aangestel as deeltydse netbalafrigter by PNHS.

Baie geluk aan Mev. A. Fourie wat ‘n babadogter ryker geword het.

Baie geluk aan Mnr.S. Pretorius wat in die huwelik getree het.

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers, Mnr. H Smith en mnr. D Lourens. Ons dra hulle gesinne op aan ons Hemelse Vader vir vertroosting met hul groot verlies.

Akademie: Uitslae 2023
  • Graad 8 het ‘n slaagsyfer van 92% met 17 druipelinge.
  • Graad 9 het ‘n slaagsyfer van 99% met 3 druipelinge.
  • Graad 10 het ‘n slaagsyfer van 97% met 7 druipelinge.
  • Graad 11 het ‘n slaagsyfer van 99% met 2 druipeling.
  • Graad 12 het ‘n slaagsyfer van 98,3 met 3 druipelinge. Ons het ‘n universiteitstoelating syfer van 76% en in totaal 158 onderskeidings behaal. Ons top presteerders was: Istelle Brand (6 onderskeidings), Jemma Els (6 onderskeidings), Lisa Langley (6 onderskeidings), Tiné Viljoen (6 onderskeidings), Nelmari Driescher (5 onderskeidings), Devon Esterhuizen (5 onderskeidings), Jade Kuhn (5 onderskeidings) en Sunéle Naudé (5 onderskeidings).
Atletiek: Interhuis, 19 Januarie 2024

Uitslag:

1ste: Spartane (1292)
2de: Atheners (1025)
3de: Romeine (770)

Baie geluk aan die volgende atlete wat nuwe rekords opgestel het:

  1. Shon-dre Scheun 400M (S0/16) met ‘n tyd van 52,13, vorige rekord was opgestel in 2018 deur Dylan McMaster met ‘n tyd van 54,30.
  2. Junior Bokwa 400M (S0/17) met ‘n tyd van 51,90, vorige rekord was opgestel in 1981 deur J van der Merwe met ‘n tyd van 52,90.
  3. Simoné de Koker 1500M (D0/16) met ‘n tyd van 5:12,83, vorige rekord was opgestel in 2018 deur Carla Smith met ‘n tyd van 5:30,0.
  4. Matthew Roselt 3000M (S0/15) met ‘n tyd van 11:20,07, vorige rekord was opgestel in 2023 deur Rohan Horn met ‘n tyd van 14:12,0.
  5. Schalk Fourie 1500M (S0/19) met ‘n tyd van 4:33,09, vorige rekord was opgestel in 2015 deur Johnrick Helm met ‘n tyd van 4:36,30.
  6. Divan Botha Diskus (S0/14) met ‘n afstand van 38,56M, vorige rekord was opgestel in 2015 deur Keano Geldenhuys.

Baie geluk aan die volgende trofee wenners:

  1. Marinda Fraser Gewigstoot (D0/16) met 755 ASA punte – Beste Dogters Veldatleet.
  2. Henco van der Merwe Gewigstoot (S0/17) met 730 ASA punte – Beste Seuns Veldatleet.
  3. Simoné de Koker 3000M (D0/17) met 758 ASA punte - Beste Dogters Baanatleet.
  4. Shon-dré Scheun 400M (S 0/16) met 782 ASA punte – Beste Seuns Baanatleet.
  5. Ashlee Jordaan 3561 ASA punte in 7 items – Veelsydigste Dogtersatleet.
  6. Arthur Dobson 2843 ASA punte in 6 items – Veelsydigste Seunsatleet.
  7. Divan Botha 1343 ASA punte – Junior Victor Ludorum.
  8. Leana Bezuidenhout 1345 ASA punte – Junior Victrix Ludorum.
  9. Shon-dré Scheun 1506 ASA punte – Senior Victor Ludorum.
  10. Simoné de Koker 1471 ASA punte – Senior Victrix Ludorum.
Krieket: PNHS Ontwikkelingspan v/s Brits, 20 Januarie, tuis

PNHS kolf eerste en behaal 146 / 4. Goeie kolfwerk deur Rohan Louw met 59 n.u.n. van 71 balle en Ewan Rynners met 32 n.u.n. van 48 balle. Brits volg op met 145 / 10. Goeie boulwerk van Ettiene du Bruyn met 4 paaltjies vir 26 lopies in 6 beurte en Mark Gorman met 2 paaltjies vir 25 lopies in 5 beurte. PNHS wen met 6 paaltjies.

Sagtebal

Baie geluk aan Jayden Neethling (0/15) en J.G. van Niekerk (0/15) wat gekies is vir die Gauteng 0/17 span wat op 12 Desember 2023 die Nasionale Sagtebal toernooi gewen het. Jayden Neethling is ook gekies as Beste Gooier en ook opgeneem in die Suid-Afrikaanse span.

SOS Wolkskool

Ons beheerliggaam het tydens die begroting fondse geallokeer ten einde elke leerder van H/S Pretoria- Noord hiervoor te registreer. H/S Pretoria-Noord sal vir 2024 weer deel van SOS se Wolkskool wees. Wolkskool het reeds 25 vakgebiede oor al die grade om hand aan hand met die departementele sillabus ondersteunende aanlyn- onderrig te voorsien.

Indien u gebruik wil maak van hierdie aanlyn-fasiliteit gebruik u, u kind se ID nommer om in te log. Nuwe graad 8’s sal eersdaags ook gerigestreer word op die stelsel.

Skoolfonds 2024

Ons skoolfonds vir 2024 beloop R 23 650-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 150 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 29 Februarie 2024.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser. Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig
  • Alle ouers wat graag deel wil word van ons Leerder Ondersteunings Akademie / “Noorderlig” word vriendelik uitgenooi na ons eerste vergadering op 29 Januarie 2024 om 18H00 in die restaurant. Kom word deel van ons “Omgee-groep” daar is verskeie projekte waar u betrokke kan raak!
  • Ons Noorderhoekie se tye is Maandae en Donderdae vanaf 07H15 – 08H00. U kan skoolklere kom omruil. Ons benodig ouers om ons vrywillig te help by die Noorderhoekie op Maandae en Donderdae. U kan skakel met ons voorsitster: Mev. Tanya Breytenbach by 082 601 6878.
  • Mev. de Beer versoek dat ouers wat graag by die Funksies en Onthale komitee van die skool wil betrokke raak met haar sal skakel by 012 546 6590.

Program vir die week
Maandag, 22 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram 14H15 – 15H00.
  • Swem Interhuis, 16H00 – 18H00, Deon Malherbe swembad. Bus vertrek om 15H30 vanaf PNHS.
  • Rugby Akademievergadering (alle belangstellende ouers welkom), 17H00, Konferensiekamer.
  • Hokkie Akademievergadering (alle belangstellende ouers welkom), 18H00, konferensiekamer.
Dinsdag, 23 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
Woensdag, 24 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • VLR – verkiesing, nominasies.
  • Atletiek periode 13H00 – 14H00, Aflosse en Geesgroep.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 1, 18H00, saal
Donderdag, 25 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • VLR-verkiesing, Manifestodag.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Swem: Liga 1.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 2, 18H00, saal
Vrydag, 26 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • VLR-verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Skool kom om 13H45 uit.
  • Atletiek Liga 1: Wonderboom Massa byeenkoms, 15H00, H/S Wonderboom.
Saterdag, 27 Januarie:
  • Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Uitsig, 08H00, tuis.
Maandag, 29 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug