Omsendbrief 2/2019

Omsendbrief 2/2019

Me A. Smith
January 14, 2019


Geagte ouers
Lief en leed

Baie welkom aan oud-leerder Brendene van der Merwe wat as student waarneem by Mev. Oosthuizen

Atletiek: Interhuis, 11 Januarie 2019

Baie dankie vir uitstekende deelneme deur ons leerders, ons is baie opgewonde oor die nuwe talent wat by ons aangesluit het, asook uitstaande prestasies van ons bestaande atlete.

Uitslag van die Spankompetisie:

Seuns:

Atheners 608

Dogters:

Spartane 479

Romeine 388

Romeine 433

Spartane 295

Atheners: 413

Totale:

Atheners 1022

Romeine 821

Spartane 774

Geluk aan die volgende atlete wat rekords verbeter het:

Kyle Engelbrecht (1,70) en Danie Theron (1,62) verbeter die hoogspringrekord vir 0/14 van 1,58 wat staan sedert 1989.

Kyle Engelbrecht (5,56) verbeter ook die 0/14 Verspringrekord van 5,55 wat staan sedert 1985.

Izelle Ehlers (5:41,00) verbeter die 0/17 1500M rekord van 5:43,00 wat staan sedert 2015.

Dylan McMaster (4: 22,07) en Rico Nel (4:27,5) verbeter beide die 0/17 1500M record van 4: 40,7 wat staan sedert 2017.

Corné Coetzee (12,10) ewenaar die 0/15 rekord van 12,10 wat staan sedert 2006.

Jarred Enslin (11,72) verbeter die 0/16 100M record wat staan sedert 2017.

Jarred Enslin (23,75) verbeter die 0/16 200M rekord van 24,20 wat staan sedert 1987.

Megan Hulme (33,25) verbeter die 0/14 spiesgooi rekord van 29,13 wat staan sedert 2016.

Keano Geldenhuys (41,89) verbeter die skyfwerprekord van 39,70 wat staan sedert 1994.

Geluk aan die volgende leerders wat trofeë verower:

Beste dogters veldatleet: Megan Hulme met 918 ABSA punte vir 0/14 spiesgooi.

Beste seuns veldatleet: Kyle Engelbrecht met 959 ABSA punte vir 0/14 Hoogspring.

Aflaai aanhangsel

Terug