Kalender

Nuus

Wetenskappe

Natuurwetenskappe:

Graad 8 en 9:

Dit word as inleiding tot graad 10, 11 en 12 Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap bestudeer.

Die grondslag word in dié fase gelê vir vedere studie.

Die volgende onderwerpe word aangeraak:

1. Die lewe en lewenswyse

2 .Energie en verandering

3. Planeet aarde en daarbuite

4. Materie en materiale

Fisiese wetenskappe:

Graad 10, 11 en 12:

Graad 10,11 en 12 Fisiese Wetenskap is die basis van verdere studie op tersiêre vlak in Chemie en Fisika.

Daar word ook van die leerders verwag om die onderwerpe wat bestudeer word in die praktyk toe te pas.

Die vak vereis dus wiskundige- en taalvaardighede van ‘n hoë vlak, bo en behalwe logiese denke. Wiskunde is vanaf 2017 verpligtend wanneer Fisiese Wetenskappe in gr 10 - 12 geneem word. Indien 'n leerder Wiskundige Geletterheid neem mag hy/sy nie Fisiese Wetenskappe neem nie.

Die vak bevat die volgende onderwerpe:

1. Meganika

2. Golwe en lig

3. Elektrisiteit en Magnetisme

4. Chemiese verandering

5. Chemiese stelsels

Vakaktiwiteite:

1. Wetenskapdag:

Die gr 11 en 12 leerders het op 'n uitstappie gegaan by Necsa(Pelindaba) asook Scienca by UP.

      

Brugbou Kompetisie

Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se brugboukompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem.

Elke span ontvang 25 dun stokkies, gom en tou om ‘n baie sterk maar ook mooi brug te bou. PNHS se leerders is ware brugbouers en dan is daar ook nog ‘n tydsbeperking om die brue te voltooi.

Brugbou-kompetisie  2018

PNHS was hierdie jaar die wenners asook derde.

Daarwas altesame 35 spanne van skole reg oor Pretoria wat deelgeneem het.

Wenspan:

Jacques van der Merwe, Burger Botes en Adriaan Boshoff.

Hulle brug het slegs 106 gram geweeg en het 33,4 kilogram gedra.  Die brug het ook 26/30 vir estetika gekry. Dus nie net sterk nie maar ook ‘n mooi en netjiese brug.

Derde plek:

Nicole Renshaw, Andre Croucamp en Hansie  JV Rensburg. Hulle brug het 135 gram geweeg en het 34,7 kilogram gedra en het 24/30 vir estetika gekry.

 

Derde:

Coenie Kruger en Brent Zwanepoel  (gr 9)  Brug weeg 181,2 gram en dra 22 kilogram. Dus 12,14 keer sy eie massa.

Tweede:

Burger Botes, Adriaan Boshoff en Jacques vd Merwe (gr 12). brug weeg 155,8 gram en dra 20 kilogram dus 12,84 keer eie massa

Wenners:

Andre Croucamp , Nicole Renshaw en Hansie JV Rensburg (gr 11). brug weeg 16,8 gram en dra 35 kilogram. dus 19,8 keer eie massa.

SAICE Internasionale Brugbou Kompetisie

 

 

Daar was 16 spanne wat deelgeneem het en PNHS het ‘n derde plek behaal.  Baie geluk aan

Adriaan Boshoff, Burger Botes en Jacques van der Merwe met hierdie besondere prestasie.  Hulle brug het slegs 105 gram geweeg en het 97,3 kilogram gedra. Vir estetika het die brug 12/20 gekry en vir akkuraatheid tov hou by die voorgeskrewe reëls 9/10. 

Baie geluk aan die 3 graad 12 seuns . Elkeen het ook R 2000 prysgeld ontvang.

 

Water Kompetisie

Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se waterkompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem.

Elke span ontvang ‘n groot oppervlakte waarop 9 blokke geteken is. Drie watertenks word lukraak op die bloke geplaas en ‘n groot water reservoir hang aan ‘n stander met drie liter water in. Die span kry dan tyd om met plastiekpypies ‘n pyplyding te bou om elke waterteken presies met een liter water te voorsien.  Die problem is dat al die pypies nie ewe dik is nie en die tenks nie ewe ver van die groot tenk af is nie.  Vet pret met die waterspeleltjie.

Tydens die Noord-Gauteng waterkompetisie het PNHS baie goed gevaar en is ‘n tweede plek behaal deur  Bianca van der Watt, Tiaan Bekker en Anuschca Loots.

  

 

Lewenswetenskappe:

Hier LEEF ons ons passie vir LEWE en die natuur uit deur gereeld op uitstappies te gaan en deurlopend praktiese ondersoeke uit te voer!!

                       DIERETUIN-NAGTOER

         

 

 Vir meer fotos, Klik hier!

                  STERKFONTEINGROTTE EN MAROPENG

 

                                       PRAKTIES

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U