Kalender

Nuus

VCSV

Verenigende Christen Studente Vereniging – VCSV

 

Vir God al die eer

Die VCSV-tak bestaan al sedert 1989 en het vootgevloei uit wat destyds bekend gestaan het as die Jeugaksie.

Groot momente in die geskiedenis van die VCSV:

  • “Prophet” tree op in die skoolsaal
  • Bruce Marciano, wat die rol van Jesus gespeel het in die filmweergawe van die Matteus evangelie kom besoek die skool en praat met elke kind en bring die boodskap: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Jeremia 29:11
  • ‘n Jaarlikse gospel-konsert word gehou waar verskeie plaaslike kunstenaars optree en die gemeenskap heerlik saam verkeer.
  • ‘n “Anti-dope’ –program ontstaan in 2005 waarmee ons probeer om almal te bereik wat met hierdie problem worstel. In 2007 kom tree die bekende Angus Buchnan op. Hy plant aartappels, praat met verskeie graadgroepe en die hele skool en daag ons uit om ons roeping te vervul. Aspekte van die week se programme verskyn ook op televisie en word lewendig op Impact en RSG uitgesaai.
  • In 2008 verander die "Anti-dope"- program na die "Leef vir Christus"-week. Die groep "13th Floor" kom besoek die skool vir 'n week. Gemiddeld 300 kinders woon elke aand die aandprogramme by en uitreikaksies bereik nog 'n verdere 3 000 leerders in verskeie skole.
  • Leerders woon verskeie kampe by wat deur die VCSV aangebied word. Die grootste geleentheid is natuurlik die Winklespruit-kampe
  • “30 seconds kneeldown” Ons kry die geleentheid om die hele skool te laat saambid vir sake van belang.
  • Uitreike na Huis Hermon, kinders in hospitale oor kerstyd, hulp aan die DBV en vele meer.
  • Fondsinsamelings, bv. pannekoekbak

Die VCSV het ten doel om God se naam groot te maak omdat hy ons gered het. Daarom wil ons hoop bring en ‘n verskil maak.

 

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U