Kalender

Nuus

Tennis

                                                         

​TENNIS 2017

Drie spanne wen hulle ligas:  Meisies bo 15, meisies o/15 en seuns bo 15.

Die Meisies bo 15 sal  ongeveer 31 Januarie 2018 weekliks speel vir 6 weke.

 

24 Janaurie 2017:Dogters 1ste span wen Tygervalley 1 tuis met 58 potte teenoor 9. Geluk aan Marinette Lues (8-3), Madelein Potgieter (9-2), Charli du Preez (9-2) en Nicole Bosman (11-0) wat almal hulle wedstryde wen. 

25 Januarie 2017: Dogters 2de span wen Montana 2 weg met 30 potte teenoor 27. Geluk aan Janika Marx (8-3) wat haar wedstryd wen en alhoewel ons die ander drie     enkel wedstryde verloor wen Janika Marx en Janneke Erasmus (10-2) en Nicole Renshaw en Amoré van Rooyen (9-2) hulle dubbelspel wedstryde en besorg vir PNHS ‘n naelskraaps oorwinning.

1 Februarie: Dogters 1ste span wen Cornwall Hill 1 weg met 58 potte teenoor 9. Geluk    aan Marinette Lues (8-3), Madelein Potgieter (9-2), Charli du Preez (11-0)   en Nicole Bosman (10-1) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons 1ste   span se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide wen. 

1 Februarie:  Dogters 2de span wen Wonderboom 2 tuis met 36 potte teenoor 31. Geluk   aan Janika Marx (7-4), Janneke Erasmus (7–4), Nicole Renshaw (6-5) en    Amore van Rooyen (6-5) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 2de span    se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide gewen het. 

1 Februarie:  Dogters 3de span verloor teen Hatfield Christian School met 64 potte    teenoor 3. Dit was ons 3de span se tweede ligawedstryd waarvan hulle    beide verloor het.  

 

 29 Februarie: Dogters 1ste span reën uit teen Afrikaans Hoër Meisies. Ligapunte word    gedeel. Dit was ons 1ste span se vyfde en laaste ligawedstryd waarvan    hulle vier wen en een gelykop speel. 

29 Februarie:  Dogters 2de span reën uit teen Hendrik Verwoerd. Ligapunte word gedeel.   Dit was ons 2de span se vyfde en laaste ligawedstryd waarvan hulle drie    gewen, 1 verloor en 1 gelykop gespeel het. 

8 Maart:  Dogters 3de span wen teen St Mary’s DSG met 46 potte teenoor 21. Geluk   aan Nicole van den Heever (6-5), Alicia Cockrane (8-3) en Alicia Smit    (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 3de span se vyfde en laaste    ligawedstryd waarvan hulle twee wen en drie verloor het.

 

TENNIS 2016

In 2016 is daar 4 tennisspanne.  Ligawedstryde het hierdie jaar baie vroeg afgeskop met die Senior Meisies wat in Januarie begin speel  het en  Maart geïndig het.  Die Junior Meisies, Senior Seuns en Junior seuns het eers in April begin speel en sal eers einde Mei  klaar wees.

Senior Meisies:

Uitslae:

  • PNHS wen Oosmoot:  36/31
  • PHNS wen Willoridge:  49/18
  • PNHS wen Cornwall Hill:  47/20
  • PNHS wen Gerrit Maritz:  66/1
  • PNHS verloor teen Erasmus:  32/35

 

                                                             2015

Prestasies:

Liga wenners: Meisies bo 15 -  Madelein Potgieter, Marinette Lues, Valmarie de Lange en Charlie du Preez                                    

Baie geluk aan Marnich Hatting wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig in Engeland.  Marnich is 1ste gekeur in Noord-Gauteng 0/18 en 6de gekeur in SA 0/18 .  

                                                                          


 

                               TENNIS 2012

      

Gaan kyk gerus na foto's van ons spelers in aksie.

Tennis ervaar n pragtige bloeitydperk en spog met 7 spanne wat in die onderskeie ouderdomsgroepe liga speel.

 

a.      Senior Dogters 1ste span. [ 1ste kwartaal]
Hierdie span wen hulle liga in 2011 onoorwonne, en skuif in 2012 op na ʼn baie hoër liga, hulle laat hulle self nog steeds geld en wen drie van hulle vyf wedstryde.

 

b.      Senior Dogters 2de span [ 1ste kwartaal]
In 2011 wen ook hierdie span hulle liga, en in 2012 wen hulle vier van hulle sewe wedstryde in die hoër liga.

 Al vier ons seunsspanne sowel as die 0/15 dogters    neem nou in die tweede kwartaal  deel aan hulle onderskeie ligas, hou gerus ons vordering dop.

 

 

Baie geluk aan Marnich Hattingh wat opgeneem is as die nommer 1 speler in die Gauteng-Noord 0/16 tennisspan wat vanaf 27 April tot 29 April aan 'n inter-provinsiale tennistoernooi deelgeneem het. Gauteng-Noord eindig eerste in die toernooi.

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U