Kalender

Nuus

Revue

 

2018

2017

Die revue het begin met 104 leerders wat opgedaag het vir die oudisies en ons het die jaar afgesluit met 71 leerders wat getrou die oefeninge en optredes bygewoon het.
 
                         
 
Ons het hierdie jaar weer deel geneem aan die oudisie vir die Tshwane Jeugkunstefees en was uitgenooi om op 5 September 2017 in die Staatsteater te gaan optree.

Ons optredes en uitslae vir 2017 was as volg:

Optrede

Uitslag

1. Hartklopfees

Vriendskaplik

2. Afrikaanse Kunsvereniging Pretoria

A++

3. Noorderkruin Kunstefees

A+

4. PNNK

Vriendskaplik

5. Wonderliggiefees

Vriendskaplik

6. Tshwane Jeugkunstefees

Vriendskaplik

 

In 2018 beoog ons om deel te raak van die volgende optredes:

·         8Beats Revue Kompetisie
·         Kaleidescope
·         RevueSA

 

Hierdie jaar was ‘n groot sukses en ons het uitstekende terugvoer gekry. Dankie aan ons choreograaf  Belinda van Vuuren en die onderwyseresse wat gehelp het – Juf. Bornman (organiseerder), Juf. Weeks, Juf. Basson en Juf. Lundall. wat bygedra het.

Klankopname

 

Die opname het 10 Mei 2017 te Nolte Produksies plaasgevind.

Die Koor lede en Revue lede het vanjaar dit gate uit geniet om die Revue klankopname te doen. 

Dit was van Uitmuntende gehalte en ons sien uit vir volgende jaar se opname in Mei 2018.

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U