Kalender

Nuus

Redenaars

2017

Redenaars bestaan uit twee komponente naamlik:

·         Voorbereide- en

·         Onvoorbeide redenaars.

Leerders  gaan deur ‘n proses van uitdunne om vas te stel wie voorbereid en onvoorbereid sal praat. Nadat leerders gekies is, woon hulle verskeie kontaksessies (elke leerder twee keer per week) by waar me. Basson die leerders oplei en voorberei vir die betrokke kompetisies.

Daar is in totaal aan een interne redenaars geleentheid en vier eksterne redenaars geleenthede deelgeneem in 2017.

1.     Interne Redenaars:

By die interne redenaars het daar ongeveer 40 leerders deel geneem wat dan bepaal het wie deur dring na die ATKV-Redenaars toe. Daar is in totaal 13 leerders wat deurgedring het.
(Hierdie uitdunne behels voorbereid en onvoorbereid)
 

2.     ATKV-Redenaars:21-22 April 2017
Daar dring 13 leerders deur na die ATKV-redenaars kompetisie.
Vyf junior leerders
Agt senior leerders
Van die betrokke 13 wat deelneem dring vier leerders deur na die tweede rondte naamlik:
Ruan Pienaar Gr. 12 (Voorbereid)
Madelein Potgieter Gr. 12 (Onvoorbereid)
Anri Louw Gr. 8 (Voorbereid)
Louné Scholtz  Gr. 8 (Voorbereid)

 

3.    Interhoër redenaars: 10 Mei 2017
Tien leerders neem deel
Die leerders vaar uitstekend by hierdie betrokke kompetisie.
Zouine van Wyk Gr. 12 – Algehele wenner (Seniors)
Ruan Pienaar Gr. 12 – Tweede plek (Seniors)
Lize Britz Gr. 9 – Tweede plek (Juniors)
Arné Oliver Gr. 12  – Vyfde plek (Seniors)

Die leerders ontvang almal goud of silwer vir hulle toesprake en die lewering daarvan.
 

4.    Kansvatter!-Redenaars: 12 Mei 2017
Agt leerders neem deel
Vier dring deur na die finaal wat 16 September geskied naamlik:
Renata de Beer Gr.9
Anri Louw Gr.8 – Wenner 97%
Ciska Botha Gr.8
Stefan Hennop Gr. 10

 Twee leerders neem ook deel aan die onvoorbereide kompetisie wat 16 September geskied naamlik:
Zantoné Bloem Gr.9
Lize Britz Gr.9

 

5.    Radikaal: 21 Augustus 2017
Daar neem slegs drie leerders deel omdat die betrokke kompetisie oorvleuel met Rekordeksamen en die PNNK. Daar word beoog om meer leerders in 2018 vir die betrokke kompetisie te werf.
Shanty Ellers – Gr.9 F
Lize Britz – Gr.9 B
Louné Scholtz Gr.9 F

 

Redenaars het  geweldig gegroei in 2017 by PNHS en het gevorder van deelname aan slegs ATKV na deelname aan vier eksterne kompetisies. Hierdie aktiwiteit geskied vanaf Januarie waar leerders met uitdunne en voorbereiding van toesprake begin tot en met September waar die laaste kompetisie plaasvind.

Daar word beoog om die uitdunne van 2018 se redenaarsspan by ‘n redenaarsaand te hou en sodoende die leerders van vroeg af die geleentheid bied om voor ‘n gehoor te praat en om sodoende ook meer erkenning vir hul harde werk te kry.

'n Nota vir 2018

Klik hier!

2016

Redenaars kook by PNHS!

Tshwane-Wes Redenaars kompetisie: Renata de Beer (Graad 8 Wenner), Lize Britz (Graad 8-Naaswenner) en Marli Cohen (Graad 9 Derde Plek). Welgedaan!

Germi Pretorius doen dit weer! Sy dring deur na die ATKV-redenaars se nasionale eindrondte! Welgedaan, sò bek moet jêm kry!

 

2015

                            

“Die vermoë om te redeneer en te debatteer is onontbeerlik vir goeie leierskap. 

Onlangse gebeure in Suid-Afrika toon tekens van onverdraagsaamheid.  As dit nie oor die gebeure in die parlement is nie, is dit oor die beskadiging van monumente.  Verslae deur die ondersoekkommissies en Artikel 9-instellings en veral die reaksie daarop, dui daarop dat Suid-Afrikaners mekaar nog nie oral verstaaan nie – en dit het nie noodwendig met demografie, ras, geslag of godsiens te doen nie.

Die doelwit van die ATKV se Afrikaanse Redenaarskompetisie is daarop gemik om begrip tussen Suid-Afrikaners te verbeter, om ‘n bydrae te maak tot nasiebou en vesoening, om sodoende Suid-Afrika susesvol te maak.

Dit is die woorde van Mnr. Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV groep.

Verskeie leerders, reg oor Suid-Afrika en Namibië,  is deur hulle onderskeie skole ingeskryf.  In totaal het daar 2110 hoërskool leerlinge deelgeneem aan die 2015 ATKV Redenaarskompetisie.

Germi Pretorius van Hoërskool Pretoria-Noord is as wenner aangewys vir die Gauteng-Noord distrik, in die voorbereide afdeling vir gr. 10-12.  Daarna het sy ons distrik verteenwoordig by die nasionale rondte wat  op 21 Augustus 2015 by Goudini Spa in Worcestor  plaasgevind het.

Hier het sy weereens haar slag bewys deur as algeheel vyfde in die land te eindig. 

“Dit was ‘n uiters verreikende ervaring en ‘n belewenis om elke deelnemer se siening en toespraak te hoor oor die gegewe onderwerpe.  Die standaard was van ‘n baie hoë gehalte. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om daar te kan wees”, sê Germi.

Hoërskool Pretoria-Noord is voorwaar trots op haar prestasie.

2014

Die volgende leerders neem op 10 Mei deel aan die ATKV redenaars by Menlopark:

Juniors:  Nijandre Scholtz, Ruan Pienaar, Arne Olivier, Charlie du Preez, Madelien Potgieter

Seniors:  Xavier van Niekerk, Elizma Swanepoel, Donne Horn, Germi Pretorius.

 

PNHS doen dit weer!
Met die onlangse Afrikaanse Distriksredenaarskompetisie wat by HTS Tuine gehou is, het PNHS weer eens stof in die ander skole se oë geskop! Bianca Nel (gr 12) was nie net die gr 12 wenner nie, maar ook die algehele wenner met 'n gemiddeld van 90.3%! Puik en welgedaan. Die ander redenaars wat ook goed presteer het was Xavier van Niekerk en Cecile Botha.

 

 

PNHS is baie uniek rakende dié aktiwiteite, want ons is van die weinige skole wat drie keer per jaar 'n Afrikaanse redenaarskompetisie aanbied.
Ons wenners vir die tweede kwartaal van 2012 is aangewys:

   Seniors:
 
 
 
   Juniors:
 
 Graad 8 : Germi Pretorius, Mari van der Walt
 Graad 9 : Jessica Ackron, Elnette Schoonraad 
 
Kyk gerus na nog foto's van ons redenaars in aksie.

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U