Kalender

Nuus

Nuwe Graad 8's

Geagte Gr 7-ouers

Hou hierdie spasie dop vir belangrike inligting aan die graad agts van 2018!

Ons wil u eerstens baie geluk wens met u keuse van Hoërskool Pretoria-Noord vir u kind se hoërskooljare en u en u kind verwelkom hier by ons skool.  Ons begin reeds in 2018 vroeg met twee bekendstellingsdae vir die nuwe Graad 8’s.

Die bekendstellingsprogram sal op Maandag 8 Januarie en Dinsdag 9 Januarie 2018 wees.  Die program sal daagliks vanaf 8:30 tot ongeveer 15:00 plaasvind.

Tydens die program sal die Graad 8’s meer oor die skool leer, byvoorbeeld die skoollied, skoolreëls, waar die klaskamers is en nog vele meer.  Hulle sal ook ‘n middagete (Maandag) ontvang. Die koste van die program beloop ongeveer R160 per kind en kan so gou moontlik by ons finansieskantoor inbetaal word. Voltooi ook asseblief die vrywaringsvorm aangeheg en stuur terug na die skool so gou as moontlik. Dit sal dan dien as bevestiging dat u kind die dae sal bywoon.

Leerders kan die dae in gemaklike klere bywoon.  Vir Dinsdag se atletiek kan hulle sportklere ook saambring.

Vir enige navrae kan u die skool kontak.

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U