Kalender

Nuus

Gholf

Verslag aangaande gholf – 2018

Ons het 3 spanne aan die liga deelgeneem het. Ons het die jaar afgeskop met die PUK 16 span wat die eerste keer in die PUK 16 se geskiedenis die gholf afdeling gewen het. Tiaan de Jager, Ivan Bouwer, Dylan McMaster en Cinteché du Plessis het ons skool se naam hoog gehou.

Die gholf liga het ons minder sukses behaal. Die eerste span het teen Brits, Hartbeespoort en Pretoria Boys High gewen, maar moes ongelukkig die knie buig teen AHS 6 en Menlopark.

Die tweede span kon net een wedstryd wen, en so ook die derde span.

 

 

 

 

GHOLF 2017

Verlede jaar het op ‘n hoogtepunt vir ons eerste span gholf spelers afgesluit toe hulle as liga wenners vir die C divisie uitgetree het.

Die span het weereens goed gevaar, maar kon nie dieselfde prestasie in die B divisie behaal nie. Nietemin, het die jaar vir baie spanning gesorg toe Pretoria-Noord se span deur Menlo Park uitgeskakel is. Tydens hierdie wedstryd het twee van ons spelers hulle wedstryde gewen en twee van hulle het hul wedstryd verloor. Menlo Park het met ‘n beter puntetelling na die finaal deurgedring.

Meneer Bester het ook in hierdie jaar die leisels van ons gholf span aan Meneer Venter oorhandig. Meneer venter het ook die jaar saam met ons gholfspelers die gholf seisoen met die gholf toer afgesluit.

Gholf toer

Hierdie jaar se gholf toer het vroegoggend op die eerste Maandag van die Oktober vakansie afgeskop. Na ‘n twee uur busrit is die eerste wedstryd op die Elements Baan gespeel. Die baan was soos normaal vir hierdie tyd van die jaar, effens droog, tog baie mooi.

Van hier af het die span na die kamp vertrek wat as blyplek vir die volgende drie aande sou dien. Dieter Snyders het hier sy kookkuns op die proef gestel en vir die span heerlike pasta vir aandete gemaak.

Die span het Dinsdagoggend maar swaar opgestaan as gevolg van party kinders wat gesukkel het om te gaan slaap.

Koro Creek het met sy uitmuntende kondisie gesorg vir ‘n heerlike dag op die baan. Nadat Dieter die aand weer lekker kookkos voorberei het, het hy met van die kinders “onderhandel” vir ‘n alternatiewe, stiller slaapplek.

Dit het heelwat makliker gegaan met die opstaan op dag drie. Die groep het ses-uur na die Zebula baan vertrek waar hulle die dag op die baan geniet het. Die terugrit is onderbreek vir ‘n vinnige besoek aan ‘n padkafee waar die nodige bestanddele vir die aand se inlywing van die nuwe lede aangekoop is. Die resep is ‘n goed bewaarde geheim maar sluit onder andere tandepasta, chili poeier, eier en vis in.  

By die kamp aangekom, het hierdie mengsel verskillende vlakke van sukses as voorgereg behaal. Almal het die aand self hulle vleis gebraai want Dieter was te moeg om weer sjef  te speel.

Die toer is op die Donderdag by die Koro Creek baan afgesluit waar die wind die spelers se vernuf goed getoets het. Die wenner is by die baan aangekondig waarna die groep huis toe vertrek het. Baie geluk aan Tiaan de Jager wat as wenner van die toer uitgetree het.

Dit is duidelik dat die manne die toer baie geniet het. Baie dankie aan Dieter Snyders en Meneer Venter wat die toer gereël het.

 
Ons 2017 gholfspanne neem aan verskeie ligas deel en in die PUK 16 van 2017 se finale rondte deel.
 
 
 
 
 
Verslag 2017

PNHS het 4 spanne in die liga ingeskryf. Spanne is reg oor die spektrum van skole in Pretoria.

Uitslae vir die seisoen is:

Span

Wen

Verloor

Gelykop

Eerstespan

3

2

0

Tweedespan

3

2

1

Derdespan

1

4

0

Vierdespan

2

3

1

Totale uutslae

9

11

2

 

Baie dankie aan elke speler en onderwyser wat die seisoen moontlik gemaak het.

 

 

 

GHOLF 2016 

 

Eerstespan

 

Wen die B-afdeling

 

Baie geluk aan Tiaan De  Jager, Dillan McMaster, A.J. Barnard, Ivan Bouwer. Beide Tiaan en Ivan het hierdie seisoen onoorwonne afgesluit!   

Na die seisoen van 2015 begin ons vanjaar op een na met bykans net junior spelers ( Graad 8 en 9).   Dit gaan 'n bouproses wees waar ons hopelik teen 2018 weer 'n sterk en kompeterende eerstespan gaan hê.

Vanjaar neem ons weer deel aan die PUK16 Kampioen skappe en wel op 15 April te Potchefstroom.

  • GHOLFLIGA

Ons skryf weer eens 4 spanne in.  Die spelers is nog almal baie jonk, maar entoesiasties!

  • GHOLFTOER

​Ons beplan vanjaar weer ons derde Bosveldtoer na verskeie toere na die Suidkus.  Dit is net veel meer bekostigbaar en steeds baie gewil onder die spelers.               

 

 

 GHOLF 2015 

  • GHOLFLIGA

Die eerstespan speel in die finaal van die B-Afdeling en eindig as naaswenners waar ons verloor teen Hoërskool Erasmus.

2015 se Eerstespan:

  • Jason Prederkast
  • Sean Schultz
  • Tiaan de Jager
  • Gerhard Steyn

Die tweede span eindig onoorwonne in die C-Afdeling, maar as gevolg van twee gelykop uitslae eindig hul as naaswenners in hul afdeling.

  • PUK 16

Die eerstespan eindig 4de in die PUK16

                           GHOLF 2014

  1. Voorsitterstrofee – 1ste-spanne

Ons het andermaal  saam met die makroskole aan hierdie uitklopreeks deelgeneem.  Vanjaar het ons die derde rondte bereik voordat ons deur Waterkloof uigeskakel is. Baie geluk aan wat so goed presteer het!

Larissa du Preez

Tiaan van der Merwe

Heinrich Bolleurs en

Johan van Zyl

 

  1. PUK 16 Kampioenskappe

Hierdie keer het ons in moeilike toestande op Potchefstroom in sagte, deurdringende reën afgeslaan.  Dit het goeie gholf in die algemeen baie moeilik gemaak. Nogtans het ons span 4de geeïndig van die 16 skole.

Baie geluk aan Larissa du Preez wat ‘n uitstekende 80 in die reën behaal het!

 

  1. Gholfliga

Ons het weer 4 spanne in die liga ingeskryf.  Ons spelers het beïndruk en week na week hul goed van hul taak gekwyt. 

Aan die einde van die seisoen is Larissa du Preez in die Gauteng-Noord vroue B-span opgeneem wat aan die Interprovinsiale kampioenskappe deelgeneem het.

 

  1. Gholftoer

Na VIER jaar se Suidkus-toere het ons vanjaar vir die eerste keer ‘n Bosveldtoer aangepak. 

Ons het tuisgegaan by die puik ELEMENTS-baan sowat 20km anderkant Warmbad.  Na vyf dae se 18 putjies het ons ‘n prysuitdeling by Euphoria Gholf Landgoed (Naboomspruit) gehad. 

Die kabelkarretjie-rit tot op die berg vir hierdie seremonie, het vir ‘n hoogtepunt gesorg.

 

Alles dui daarop dat ons 2015 weer die Bosveld gaan besoek!

 

PNHS se GHOLFSPELER VAN DIE JAAR was dan ook heel gepas:

LARISSA DU PREEZ 

 

HERMAN BESTER

(ORGANISEERDER)

 

PUK16 2013

Hierdie jaar het die PUK16 kompetisie vir die eerste keer gholf ook ingesluit.  Ons span wat bestaan het uit Larissa du Preez, Tiaan van der Merwe, Heinrich Bolleurs en Alex Krebs was algeheel 2de uit 16 skole!

Baie geluk aan Larissa wat nie-amptelik die beste individuele rondte gespeel het.

 

GHOLF 2012 – BESTE JAAR NOG!

 

 

Gholf by PN het vanjaar behoorlik sy stem dik gemaak deurdat 3 van die 4 spanne onoorwonne die liga afgesluit het! Daarmee saam het ons ook ons eerste Gauteng-Noord Kampioenspan opgelewer.

 

‘n Groot rede vir ons sukses was ongetwyfeld die ontwikkelingsprogram wat ons in samewerking met Just Golf Junior Development by Akasia Country Club oor 8 weke gevolg het. Groot dank ook aan Dieter en Quintin vir hul besondere bydrae.

 

Die Gauteng-Noord Kampioenspan was ons 2de span wat in die eindstryd met AHS afgereken het (3½-½). Hul het onoorwonne afgesluit met 21 spanne wat in 3 afdelings meegeding het! Die spanlede was Richard Joubert (onoorwonne), Heinrich Bolleurs (onoorwonne), Ryan Fourie (1 verloor) en Werner de Villiers.

 

Die 3de span was ook onoorwonne, maar is tweede geplaas na twee gelykopuitslae teenoor Eldoraigne se een. Baie geluk aan Milouw du Plessis (onoorwonne), Jason Prenderkast (1 verloor), JP Storm en Sean Schultz.

 

Die 4de span eindig ook onoorwonne. Hul het egter nie uitspele in hierdie afdeling nie, aangesien hul hierdie fokus eerder op ontwikkeling as wen wou plaas. Baie geluk aan Chanelle Dippenaar (onoorwonne), Brendan Storm (1 verloor), Quintin Maré en Marlouw Taljaard.

 

Ons 1ste span was werklik in die diepkant waar hul teen o.a. TUKS 1, Affies 1, PBHS 1, WK1, St Albans 1 en Cornwall Hill 1 moes kompeteer. Nogtans geluk aan Tiaan vd Merwe, Drikus v Tonder, Larissa du Preez en Alex Krebbs.

 

Ons het ook vanjaar 3 Provinsiale spelers opgelewer wat aan verskeie interprovinsiale toernooie deelgeneem het. Baie geluk aan Larissa du Preez, Alex Krebbs en Heinrich Bolleurs.

 

PNHS se Gholfspeler van die jaar 2012 was dan ook heel gepas Alexander Krebbs.

 

Na ‘n baie suksesvolle Gholftoer na die Suidkus (30/09 tot 06/10), waaraan verskeie van ons seuns deelgeneem het, kan ons weer met groot verwagting uitsien na die 2013 seisoen. Baie dankie aan mnre. Driescher, Lettau en Dawie du Plessis wat verskeie kere ons spanne na hul wedstryde moes vergesel.

 

Herman Bester

Organiseerder

 

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U