Kalender

Nuus

Drama

Drama 2012

Die drama-leerders het vanjaar uitmuntend presteer op die verhoog. Hulle het onderskeidelik aan die Eisteddfod, Kunswedstryd en Kunstefees deelgeneem. Daar was groep-, sowel as individuele inskrywings.

 

Aan die einde van die drama-seisoen, spog ons leerders met altesaam 21A++, 25A+ en 18A simbole. Vyf leerders ontvang medaljes as kategoriewenners vir hul items. Die groepmimiek ontvang die wisseltrofee vir die beste groep tydens die Pretoria-Eisteddfod. Hierdie groep is ook uitgenooi na die Eisteddfod se gala-aand waar hulle op die rooi tapyt verwelkom is soos Oscar-bekroondes.

Baie geluk met jul puik prestasies! Ons sien uit om in Januarie ‘n nuwe drama-jaar af te skop!

 

      

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U